Wayne van Rooyen
Selling Komoetie
Wayne van Rooyen

Wayne van Rooyen het in Eldorado Park grootgeword. Hy het sy passie vir opvoering en storievertel in hoërskool verwesenlik, maar het Grafiese Ontwerp gaan studeer. Uiteindelik het hy ingeskryf aan die Universiteit van die Witwatersrand waar hy Drama studeer het en met ’n BA in Dramatiese Kuns (honneurs) gegradueer het. Na hy sy graad verwerf het, het hy plaaslik sowel as internasionaal opgetree op verhoë en rolle vertolk in verskeie plaaslike televisiereekse asook die plaaslik vervaardigde films “Jozi”, “Sink” , “Mayfair” en “Fiela se Kind”.
Sommige van sy teaterwerk sluit in “Sonneblom”, “Sophiatown”, “The King of Laughter” (waarvoor hy ’n Naledi-toekenning ontvang het vir Beste Ondersteunde Akteur); die wêreldpremiere van Athol Fugard se “Victory” en die Royal Shakespeare Geselskap se Suid-Afrikaanse produksie van “The Tempest” in samewerking met die Baxter-teater.
Sy televisiekrediete sluit in die SABC-komedie “Sorted”, die Hallmark-drama “Wild at Heart”, asook “Font”, “Kruispad”, “Getroud met Rugby”, “Binneland Sub Judice”, “Hillside”, “Colour TV”, “Hartland”, “Erfsondes”, “Geraamtes in die Kas”, “Swartwater”, “Shreds and Dreams 2”, waarvoor hy benoem is vir Beste Ondersteunende Akteur by die Saftas 10, en “Fluiters”.
Selling Komoetie
Hy is tans te sien in eTV se “Scandal”. Selling is ’n man van min woorde en geskiedenis. Hy bekyk die wêreld en lig nie maklik sy opinie nie. Waar Fiela seker maak dat die kinders versorg word, maak hy seker hulle voel geliefd. Sommige mense sal hom sien as ’n swakkeling, maar hy is die sement wat die familie bymekaar hou.