Melissa Willering

Nina van Rooyen SNR

Melissa Willering

Melissa Willering is ’n 21-jarige Suid-Afrikaanse aktrise, veral bekend vir haar rol as Chrissie Bekker in die gewilde kykNET sepie Getroud met Rugby. In 2015 het sy haar matriek voltooi en in Januarie die volgende jaar het sy alreeds by die Bekker-gesin aangesluit.

Melissa is gebore in Pretoria, waar sy beide haar laerskool -en hoërskoolloopbane aan ’n klein privaatskool, Dirk Postma, voltooi het. Onder leiding van Esther Bredenkamp, kon sy haarself uitleef deur dramaklasse as ’n buitemuurse aktiwiteit op hoërskool te beoefen. In 2014 het sy haar debuut in die bedryf gemaak, nadat sy die ATKV en Villa Rosa- Sterrejag kompetisie gewen het. Deur die kompetisie het sy die tienerrol van Ilse Momberg losgeslaan.

Melissa hou nie net haar lyf akrise nie, sy het ook ’n groot liefde vir kuns en is tans ’n finale jaar BA Sielkunde student aan UNISA.

In 2018 het sy ook haar film-debuut gemaak in die rolprent “Fiela se Kind”. Die film se regie is deur Brett Micheal Innes behartig en is gebaseer op Dalene Matthee se geliefde roman. Melissa sal in September 2019 in hierdie film te sien wees as die boskind Nina van Rooyen.

Nina van Rooyen SNR

As ’n volwasse vrou is Nina se wilde natuur vervang met ’n harde uiterlike. Haar vurige energie is haar wapen vir beskerming. Sy is verdedigend en weerstandig en gebruik haar krag om te kry wat sy wil hê. Sy vind haar troos in Benjamin, die enigste persoon wat die wêreld verstaan waar Nina vandaan kom.