Maritsa Maritz

Grimeerkunstenaar

Grimeerkunstenaar

Maritsa Maritz

Maritsa Maritz is ’n senior grimeerkunstenaar wat met ’n Diploma in Uitvoerende Kunste met spesialisasie in grimering gegradueer het. Sy is vanaf 2004 in die industrie.

Maritsa het al saam met verskeie produksiehuise aan uiteenlopende opwindende projekte gewerk. Onlangse projekte vir The Film Factory sluit in “Vuil Wasgoed” en “Thys & Trix” waartydens sy hoof van Grimering en Hare was.

Sy was ook die hoof van grimering en hare vir die hoogs verwagte film, “Fiela se Kind”.

Maritsa sê dat “Fiela se Kind” ’n hoogtepunt in haar loopbaan was. “Ons het ons harte en siele in die ontwerp van die karakters gesit en om hierdie film te skep.

Ons hoop die kykers sal dieselde emosies ervaar wat ons het terwyl ons dit gemaak het”.

“Dis my werk op ’n film om seker te maak die karakters lyk eg aan die tyd waarin die film afspeel en ook aan die persoonlikheid wat hulle het. Die grootste uitdaging van ’n periode film is om seker te maak die karakters lyk asof hulle werklik uit daardie tyd kom sodat dit nie soos ’n moderne film lyk nie.”

“Vir my is Fiela se Kind ’n storie oor liefde, verlies en geluk. Dit gaan oor hoe ver jy sal gaan vir die persoon wat jy liefhet.”