Kyle Shepherd
Klankontwerper
Oorspronklike Musiek
Kyle Shepherd

Kyle Shepherd het met ’n meestersgraad in Musiek (cum laude) van die Universiteit van Stellenbosch in 2018 gegradueer. Hy is een van Suid-Afrika se voorste progressiewe pianiste, komponiste en “band”-leiers.
Internasionaal erken vir sy kenmerkende komposisiestyl en opvoerings, het Shepherd ’n groot indruk gemaak met sy debuut as ’n filmkomponis vir die krities-aangeskrewe film, “Noem My Skollie”, Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2017 Academy-toekennings.
Kyle is genomineer vir ’n 2017 SAFTA vir Beste Prestasie in ’n Oorspronklike Musiekklankbaan vir ’n Speelfilm vir “Noem My Skollie”.
Vir sy werk aan dieselfde film, het hy die Suid-Afrikaanse Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe Toekenning: Boek, Kreatiewe Versameling en Digitale Bydrae 2018 ontvang van die Nasionale Instituut vir Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe.
Sy musiek kan ook gehoor word in die onafhanklike filmmaker Nadine Cloete se dokumentêr, “Action Kommandant”, gebaseer op die onvertelde storie van die jong Suid-Afrikaanse revolusionêre vryheidsvegter, Ashley Kriel.