Luca Bornman
Benjamin Komoetie JNR
Luca Bornman

Luca het ’n geweldige liefde vir die filmmaakproses en om saam met die ander akteurs en die merkwaardige filmspan te kon werk. Luca het ’n ongelooflike belangstelling in toneelspel en filmmaak. Luca Bornman is op 13 Augustus in 2008 in Pretoria gebore. Hy is ’n graad 5-leerder by Wonderboom Laerskool. Luca het sy eerste ondersteunende rol op sewejarige ouderdom in “Sy Klink Soos Lente” gehad met Corné van Rooyen as regisseur. Sy eerste groot rol, en tot dusver sy grootste prestasie, is as Benjamin Komoetie Jnr in “Fiela se Kind” in 2019 met Brett Michael Innes as regisseur.
Benjamin Komoetie JNR
Benjamin is ’n nuuskierige en sensitiewe seun. Hy het geen idee dat hy anders is as die res van sy familie nie. In sy oë is hy een van hulle en die feit dat sy velkleur verskil van hulle s’n, beteken baie min vir hom. Wanneer hy in ’n hoek gedruk word, probeer hy om vir homself op te staan, maar sy sagte geaardheid veroorsaak dat hy maklik rondgestamp kan word deur mense wat sterker is as hy.