Mateo Olivier

Tollie Komoetie JNR

Mateo Olivier

Mateo Olivier se suksesvolle loopbaan in die filmindustrie het in 2018 begin. Sy passie vir die kunste en drama is aangevuur by Laerskool Paul Greyling in Vishoek, waar hy vanaf 2014 tot 2018 ’n leerder was. Hy het uiting vir sy emosies en kreatiwiteit gevind deur hoofrolle te vertolk in verskeie skoolproduksies, en sy deelname aan spraakkore en eistedfodds het hom verder voorberei as jong akteur. Hy het deurlopend onderskeidings verwerf in Drama, met ’n gemiddeld van 80% in hierdie vak.

Mateo is 14 jaar oud en woon saam met sy ouers in Rondebosch-Oos in Kaapstad. Hy het in ’n klein dorpie buite Kaapstad, Wellington, grootgeword. Mateo het sy sekondêre skoolopleiding hierdie jaar by Hoërskool Labori in die Paarl begin. Dit is ’n uitdaging vir Mateo om ywerig met sy studies te bly, en ook om ’n voltydse akteur te wees, maar hy sê “dit is ’n seën en beslis die moeite werd”. Mateo geniet elke oomblik agter die skerms en dit wil voorkom of hy voltyds akteur wil wees. Hy is ’n baie saggeaarde, nederige en hardwerkende seun met ’n voorliefde vir nuwe avonture.

Tollie Komoetie JNR

Tollie is so vurig soos sy ma, maar ook ’n sensitiewe siel wat smag na liefde. Sy posisie in die wêreld word uitgedaag deur die koms van Benjamin. Hy spandeer ’n leeftyd om wat hy dink sy ma se voorkeur vir sy aangenome broer is te aanvaar. Sy onsekerheid vererger soos hy ouer word, en sy verwyt teenoor sy ma verminder nie terwyl hy toekyk hoe haar fokus op Benjamin sterker word nie.