Morné Steyn

Dawid Komoetie SNR

Morné Steyn

Morné Steyn is ’n akteur, speler, sanger en stemkunstenaar. Hy het opgetree in verskeie professionele teaterproduksies en verwante mediums. Sommige van hierdie sluit in “Cleansed”, “4.48 Psychosis” en “Der Schauspieldirektor“.

Behalwe opvoerings, is Morné ’n Gesertifiseerde Opleier van Lessac Kineseniese Stem en Liggaamsonderrig®, VSA.

Morné het ook ’n MA (Drama) graad in geslags- en opvoeringstemstudies en is geïnterreseerd in, en verken, op die oomblik die interseksionele dinamika van stem- en liggaamspolitiek in die opvoeringskonteks. Sy pedagogiese en navorsingsfokus verken die herkontekstualisering van die impak van magstrukture/verhoudings vergestalt in geslag, ras en klas, asook vermoëns in die opvoeringsopleidingsomgewing.

Hy is ’n dosent by die Universiteit van Kaapstad se Sentrum vir Teater, Dans en Opvoeringstudies. Morné onderrig stemwerk vir opvoerings, toneelspelstudies en kreatiewe beweging. Waar moontlik, bied hy verskeie werkwinkels verwant aan opvoering en transformasie aan.

Dawid Komoetie SNR

Dawid word ‘n volwasse man van karakter wat stilweg in en om die huis uithelp, terwyl Tollie dinge omklits. Hy verlang egter na meer en maak die moeilike besluit om die familie te verlaat en met perde in die Kaap te gaan werk.