Chiara Roodt

Nina van Rooyen JNR

Chiara Roodt

Chiara Roodt is ’n tienjarige aktrise en model wie al in meer as 20 verskillende advertensieveldtogte verskyn het. Hoewel sy met akteursklasse begin het toe sy agt jaar oud was, het sy reeds haar eerste werk op vier gehad. Haar vermoë om natuurlik en met selfvertroue toneel te speel, het erkenning verwerf by internasionale en plaaslike kliënte.

Sy is gebore en getoë in Kaapstad en is tans ’n leerder by Jan van Riebeeck Laerskool. Chiara geniet dit om aan skoolsport deel te neem en om video’s in haar spaartyd te skep. As ’n sosiale vlinder, hou sy daarvan om saam met haar vriende te kuier en sy en haar kat, Roxy, is onafskeidbaar.

Nina van Rooyen JNR

Nina is ’n kind met ’n wilde natuur en al wat sy wil doen is om in die bos te speel. Haar verbeelding is haar toevlug, sy gebruik dit om die gewelddadige omgewing van die Van Rooyen-woning te ontsnap. Sy is dapper en nie bang om haar pa uit te daag nie.