Drikus Volschenk
Elias van Rooyen
Drikus Volschenk

Drikus Volschenk is een van Suid-Afrika se voorste akteurs en het al gewerk aan 60 film- en televisieproduksies, plaaslik en internasionaal. Drikus het rolle vertolk in verskeie bekroonde produksies, saam met wêreldklastalent, insluitend Idris Elba en Naomi Harris in “Mandela: Long Walk to Freedom”, “Skoonheid” (die Queer Palm Toekenning-wenner by die Cannes Filmfees in 2011, wat ook die inskrywing was vir Beste Buitelandse Film by die 84ste Academy-toekennings); en “Durban Poison”, wat die Beste Suid-Afrikaanse Speelfilm by die Durban Internasionale Filmfees gewen het. Hy het ook ’n rol gehad in “Dis Ek, Anna” wat ses SAFTA’s gewen het, en het saam met Laurence Fishburne en Michael Nyqvist aan die internasionale reeks “Madiba” gewerk. Drikus het ook gespeel in die Amerikaanse treffer, “Batman vs Superman – Dawn of Justice” en het saam met Sophie Okonedo en Sam Neill verskyn in “Skin”, ’n biografiese rolprent wat 19 internasionale toekennings gewen het.
As ’n kenner op die gebied van speelfilm-media, gee Drikus onderrig by AFDA in Johannesburg.
In 2018 het hierdie akteur ’n vertolking gelewer in die hoogs aangeskrewe distopiese wetenskapfiksie reeks, “Maze Runner: Death Cure” saam met Dylan O’Brien en Rosa Salazar. Die reeks is benoem vir verskeie toekennings insluited die BreakTudo Toekennings asook die Teen Choice Toekennings.
Elias van Rooyen
Elias is ’n skelm en ’n dromer wat vir groter dinge wens en verwyt die lot van sy lewe. Waar ander mense hard werk, werk hy slim, maar as gevolg van sy luiheid mis hy geleenthede. Sommige beskou hom as gewelddadig, maar hy sien homself as ’n goeie pa wat sy bes probeer. Hy neem sy vrou en kinders kwalik vir sy teëspoed.