Brett Michael Innes

Regisseur

Regisseur

Brett Michael Innes

Brett Michael Innes is ’n topverkoper-skrywer en bekroonde filmmaker gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Gebore in 1983 in Johannesburg, Suid-Afrika, het Brett gegradueer van AFDA, die Oscar-verowerende Suid-Afrikaanse filmskool, met ’n beurs van die National Film & Video Foundation (NFVF) van Suid-Afrika.

Na skool het hy drie jaar deurgebring as ’n dokumentêre filmmaker in samewerking met verskeie niewinsgewende organisasies, ’n pos waartydens hy twee keer met sy kamera vanaf Suid-Afrika na die Suid-Sudan gereis het asook deur die Okovango Delta op ’n kayak.

In 2012 het hy besluit om sy fokus na film en literatuur te verskuif en sy debuutroman, “Die Storie van Racheltjie de Beer” het ’n Suid-Afrikaanse blitsverkoper geword. Hy het dit vir die skerm verwerk saam met die regisseur Matthys Boshoff en die film word in 2019 op die grootskerm uitgereik.

Sy skryf- en regiedebuut, “Sink”, is deur plaaslike kritici geloof as ’n ‘grensverskuiwende film wat die standaard stel vir Suid-Afrikaanse film’. Hy het daarvoor SAFTA toekennings vir Beste Film en Beste Draaiboek gewen. Brett het sopas sy tweede vollenge rolprent voltooi, ’n verwerking van die ikoniese roman, “Fiela se Kind”.