Wayne Smith
Benjamin Komoetie SNR
Wayne Smith

Wayne Smith is ’n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, stemkunstenaar en vryskutskrywer. Hy is in Pretoria gebore en het daar grootgeword en het grade verwerf in Joernalistiek, Drama en ’n BA (honneurs) in Drama en Filmstudies, met spesialisasie in Draaiboekskryf en Regie (Universiteit van Pretoria 2010-2015).
As akteur, het Wayne verskeie kleiner televisierolle gehad, insluitend in “The Docket” (2018), mees onlangs. Met ’n agtergrond oorwegend in teater, het hy al in verskeie Suid-Afrikaanse teaters opgetree. Hy het sy verskyning gemaak by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad onder regie van internasionale regisseurs vanaf die VSA, Switserland en Frankryk. Hy is ook betrokke in die skepping van korporatiewe- en ervaringsteater vir handelsnaamgeleenthede en produkbekendstellings.
Wayne is aangestel as ’n inhoudskepper en skrywer by ’n Pretoria-gebaseerde produksiemaatskappy. Hy is ’n gepubliseerde joernalis, en skryf sedert Maart 2016 vir die aanlyn- en druktydskrif, Embassy Direct. As ’n stem op radio, het hy gewerk as nuusleser en nuusberigredakteur by die gemeenskapstasie, Tuks FM 107.2 in Pretoria vanaf 2010 tot 2012 en in 2014. Terwyl hy daar was, het hy ook opgetree in verskeie radio-advertensies en stemwerk behartig vir Turbovite en die Gautrein. Hierdie is sy eerste speelfilm.
Benjamin Komoetie SNR
As ’n volwassene behou Benjamin steeds sy sensitiewe geaardheid, maar hy het geleer hoe om dit weg te steek vir die res van die wêreld. Hy is gehoorsaam en hardwerkend, hy kruip terug in sy verbeelding wanneer die lewe in die Knysna Bos te moeilik raak. Hy is verskeur tussen sy hart en sy verstand in verskeie situasies en hy vind uiteindelik die moed om op te staan teen die gesagsfigure in sy lewe en vind sy waarheid.