Cindy Swanepoel

Barta van Rooyen

Cindy Swanepoel

Cindy Swanepoel het haar BDram honneursgraad voltooi in 2003 aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het in 2018 die Silwerskermfees toekenning ontvang vir Beste Aktrise vir haar rol in die kortfilm, “Fluit Fluit”. Cindy het twee Huisgenoot Tempo toekennings vir Beste Sepie Aktrise en Beste Vermaakster in 2018 gewen.Hierdie aktrise het al in meer as 20 kinder- en opvoedkundige produksies gespeel; sy spesialiseer ook in poppe- en skaduteater.

Cindy het in vele teaterproduksies opgetree, soos “Kringe in ’n Bos”, “The Crucible”, “Drif”, “Curl Up and Dye”, “Houtkruis – die Musiekblyspel”, “My vrou se man se vrou”, “My boetie se boetie se boetie se baba” (genomineer as Beste Aktrise vir SAT Mag 2018) en “Balle in die Lug”.

Cindy het die rol van Mysi Moolman vertolk in die bekende film, “Ballade vir ’n Enkeling”. Kortfilms sluit in “Spiertier” en “Die Staat se Bul” (as deel van “Ons Stories”). Sy is in 2015 genomineer as Beste Aktrise vir die kortfilm, “Eenrigting” (Silwerskermfees).

Dramareekse en sepies waarin Cindy as byspeler verskyn het, sluit in “Egoli”, “Villa Rosa”, “Generations”,“The Mating Game”, “90 Plein Street”, “Laugh out Loud”, “Getroud met Rugby” (Seisoen 4), en “Proesstraat”. Cindy is vir die afgelope drie jaar te sien as Dr. Annelize Roux in “Binnelanders”.

Barta van Rooyen

Barta is ’n gebroke vrou wat opgegee het op die lewe. Die verlies van haar kind en die skuld wat sy saam haar dra, het ’n merk op haar gelos. Sy volg die pad met die minste weerstand. Barta het nie die selfvertroue om te wens vir meer in die lewe nie. Sy is net so skelm soos Elias en kies haar veiligheid bo die van ander.