Chantel Carter
Produksieontwerper
Produksieontwerper
Chantel Carter

Chantel Carter is ’n produksieontwerper, bekend vir haar werk op films soos “Sink”, “My Father’s War”, “Fiela se Kind” and “The Story of Racheltjie de Beer”.
“‘Fiela se Kind’ is ’n periodefilm, so dit is my verantwoordelikheid om seker te maak dat dit periode-korrek is. My benadering tot my werk is eenvoudig. Vir my is filmmaak lewe. Lewe is kuns. Kuns is liefde en liefde is om saam te werk.
Elke film verdien sy eie integriteit en ‘Fiela se Kind’ het veral ’n geïntegreerde benadering nodig gehad. Nie slegs as gevolg van Dalene Matthee nie, maar ook omdat ‘Fiela se Kind’ so baie vir ons beteken as ’n kultuur, as Suid-Afrikaners.”